Wednesday 16 September 2020

 Alles oor Ons Werf Blad wat julle kann gaan Loor.


  •  
  •   Radio Eendrag Namibia

  

 

 

  
 

RADIO SPRINGBOK GERMANY

RADIO SPRINGBOK GERMANY

is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en ‘n impak te maak met “vermaak wat ‘n verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Skakel vandag nog in op Radio Springbok en beleef die LEKKERTE van Afrikaans op sy beste! radio stasie

 

Veiligheid-Wenke


Veiligheid-Wenke



Behuising en Koshuisaangeleenthede


1. Maak seker dat die deur na jou koshuis / student huis / woonstel ten alle tye gesluit is. Wat sou jou ma sê as jy die voordeur van jou huis oop laat?

2. Moenie enige iemand wat jy nie ken nie in jou koshuis / student huis / woonstel toelaat nie. Dit maak jou nie 'n skurk om iemand nie in te laat nie. Dit laat jou lyk soos 'n goeie buurman, en indien die persoon veronderstel is om in jou koshuis / student huis / woonstel te wees, sal hulle dankbaar wees vir dit.


3. Maak seker dat jou kamer deur ten alle tye gesluit is. Ja, dit beteken dat selfs wanneer jy in die gang afloop vir om 'n boek te gaan leen of om te stort.

 

4. Wees versigtig met jou sleutels. As jy hulle verloor, is dit nie jou kamermaat se verantwoordelikheid om jou gedurig in te laat by die kamer nie met die hoop dat jou sleutels wel gevind sal word. Betaal eerder die boete en kry ‘n nuwe stel.

5. Onthou om al jou waardevolle besittings te verseker. Dit sal jou maandeliks bietjie geld kos, maar in die lang termyn red dit jou dalk uit ‘n moeilike situasie. 

6. Moenie dink jou kamer sleutel is veilig bo-op die deurkosyn, in jou posbus, of onder die deurmat. Dra dit by jou – ‘n sleutel is nie so swaar nie.

7. Kry 'n sluittoestel vir jou skootrekenaar. Dit kan 'n fisiese slot of 'n soort van elektroniese of sluittoestel wees. Dit kan ook baie nuttig wees indien jy dit buite sig (soos in jou kas) sit wanneer jy jou kamer vir 'n lang tydperk verlaat.

8. Sien om na jou besittings in die biblioteek of rekenaarlokaal. Jy moet dalk 'n vinnige draai iewersheen loop om jou gedagtes te orden. . . net dieselfde tyd loop iemand verby en  sien jou iPod en laptop lê daar sonder toesig.

9. Hou jou vensters gesluit. Moenie so fokus om jou deur heeltyd te sluit dat jy vergeet om jou vensters ook te sluit.

10. Sit noodnommers in jou selfoon. As jou beursie gesteel word, sal jy weet watter telefoonnommer te skakel om jou bank kaarte te kanselleer? Sit belangrike telefoonnommers in jou selfoon sodat jy  onmiddelik kan bel wanneer jy agterkom iets is weg. Die laaste ding wat jy wil hê, is iemand wat geld ontrek wat jy  begroot het vir die res van die semester.

11. Gebruik maak van Beskermings Dienste om jou te vergesel wanneer jy in die nag loop.

 12. Gaan altyd iewers heen saam met ‘n vriend/in, veral in die nag. Man of vrou, groot of klein, veilige omgewing is of nie, dit is altyd 'n goeie idee.

13. Maak seker dat iemand weet waar jy is te alle tye. Op pad na 'n klub? Uitgaan op’n aspraak? Daar is geen rede om al die besonderhede te noem nie, maar laat  iemand ('n vriend, 'n kamermaat, ens) weet waar jy heengaan en die waater tyd  jy terug gaan wees.

14. As jy van kampus a woon, bel iemand wanneer jy by die huis kom. Jy studeer vir eindeksamen met 'n vriend een aand laat by die biblioteek. Maak 'n vinnige reeling dat jy hom sal bel as jy by jou studente huis / woonstel / huis later die aand aankom. 

15. Memoriseer die telefoon nommer vir Beskermings Dienste (051-401 2911). Jy weet nooit: jy mag dit dalk vir jouself of vir iets wat jy ver sien nodig het. Om die telefoon nommer te memoriseer (of op jou selfoon te hê) mag dalk die belangrikste ding wes om te onthou in 'n noodgeval.



Hoe kan ons onsself beveilig wanneer ons geld trek by die outomatiese teller masjiene of soos ons dit in Engels noem – die ATM?

Die Suid-Afrikaans Polisiediens het die volgende wenke aanbeveel:

Wees waaksaam en bewus van jou omgewing by die OTM.

Moet nooit jou kaart of PIN [Persoonlike Indentifikasie Nommer] vir enigiemand gee nie -onder geen omstandighede nie!

Moet nooit jou PIN neerskryf op die kaart of enige iets naby die kaart nie.

Moet nooit jou kaart in die masjien inskuif voordat jy gevra word op die skerm om dit te doen nie.

Moet nooit die OTM gebruik as dit ‘n “blanko of wit skerm” [Blank screen] het nie. Indien die skerm nie duidelik sigbaar is nie of onbehoorlik belig is -verlaat die OTM en gebruik ‘n ander.

Staan naby die skerm en gebruik jou liggaam of hand as skerm ten einde te verseker dat niemand waarneem hoe jy jou PIN insleutel nie.

Hou jou hand oor die kaartgleuf ten einde te verseker dat niemand jou kaart kan neem of ruil nie.

Moet nooit hulp aanvaar van vreemdelinge by die OTM nie. Wees versigtig vir enige aanbod om hulp.

Kriminele werk dikwels in spanne – een trek jou aandag terwyl een jou kaart steel.

Indien jou kaart “gesluk” word deur die OTM is dit wenslik om dadelik jou bank se tolvrye nommer te skakel ten einde die kaart te stop en te kanselleer.

Moet nooit ‘n omstander vra om die tolvrye nommer namens jou te skakel nie -jy mag bedrieg word om te dink die kaart is gestop.

Sekuriteitswagte is daar om die toneel te beveilig -nie om transaksies uit te voer nie!

Indien jy hulp benodig – vra ‘n bankbeampte binne die bank!

Dit is goeie advies om ‘n limiet /perk te plaas op die bedrag geld wat elke dag by die OTM onttrek kan word!


  


VEILIGHEID IS VAN KARDINALE BELANG

 

Wanneer kapers op jou toesak, maak soos hulle sê en moenie probeer argumenteer nie.
Veiligheid! Veiligheid! Veiligheid! Hoeveel klem word daar nie op dié woord geplaas nie? Van kleins af word kinders van veiligheid geleer en soos jy ouer word, is dit iets waarna ons almal smag, maar die realiteit is dat met die toename in misdaad is elkeen van ons se lewe dag en nag in gevaar. E-Blockwatch Vereeniging het ‘n paar wenke saamgestel wat gevolg kan word.

 

Veiligheidswenke vir vroue:

 

As jy vrou-alleen is, moet jy verkieslik nie saans alleen uitgaan nie. Indien jy wel uitgaan, is dit beter om in goed verligte gebiede rond te beweeg met jou gesig na aankomende verkeer en moenie in dof-verligte gebiede parkeer nie. Grypdiewe is so vinnig soos ‘n weerligstraal, hou jou handsak dig teen jou lyf en moenie sigbare juwele dra nie. Indien jy deur ‘n vreemdeling genader word, druk jou toeter om aandag te trek of jaag so vinnig as moontlik weg. Moenie eers as jy by jou kar kom na jou sleutel begin soek nie, hou jou sleutel gereed en kyk in die kar rond voor jy inklim. Ons hoor baie van mense wat agtervolg word, wees paraat en indien jy vermoed jy word agtervolg, ry na ‘n openbare plek of die naaste polisiestasie.

 

Veiligheidswenke in kapingsituasies:

 

Dit is seker een van ons grootste vrese om gekaap te word. Dit is uiters belangrik om ten alle tye kalm te bly. ‘n Gesonde verstand is die beste bondgenoot in so ’n situasie en onthou paniek veroorsaak paniek. Moenie aggressief raak nie, doen wat gevra word en vermy enige argumente met die kapers en moenie probeer om hulle uit te daag of te dreig nie en ook nie direk na hulle te kyk nie, dit kan as ‘n bedreiging gesien word. Onthou hulle is net so senuweeagtig soos jy, hou jou hande stil waar die kaper/s dit kan sien en moenie vroetel nie. Onthou jy kan jou motor vervang, maar nie jou lewe nie.

 

Veiligheidswenke met geld:

 

As jy in die aand geld trek, moenie alleen gaan nie en sou jy agterdogtig raak oor iets of iemand, kanselleer onmiddellik die transaksie en beweeg weg. Vermy ‘n OTM wat nie goed verlig is nie en moet nooit jou geld in die openbaar tel nie. Wanneer jy geld trek, kan jy jou lyf as ‘n skerm gebruik wanneer jy jou pinkode moet insleutel en sleutel slegs die nommer in wanneer so ’n opdrag op die skerm vertoon word.

 

Ons almal weet dat ons vir niemand ons pinkodes moet gee nie, nie eers ‘n bankamptenaar is veronderstel om dit te sien nie. Dit gebeur baie dat mense dopgehou word wanneer geld gedeponeer word, doen dit ongereeld en verander roetes.

 

Veiligheidswenke op straat:

 

Vermy afgeleë plekke en onbekende omgewings. Wanneer dit lyk of mense rondom jou begin maal, pasop dit kan dalk ‘n beplande rooftog wees. Dra ‘n selfverdedigingsproeikan saam met jou en gebruik dit in gevaarlike situasies. Moenie groot bedrae geld saam met jou dra nie en ook nie te veel pakkies nie - dit maak jou ‘n moontlike teiken. Sorg dat iemand altyd weet waarheen jy gaan en wanneer jy ongeveer sal terug wees.

 

Veiligheid in en om die huis:

 

Elkeen het ‘n begeerte om by hul eie huis veilig te voel, maar deesdae is dit veiliger om agter slot en grendel te woon. ‘n Paar wenke is om verkieslik nie vreemde werkers in diens te neem nie, maak dit moeilik vir ‘n indringer om jou huis binne te dring, beveilig jou woning met diefwering en slotte en maak seker jou deure en hekke in ten alle tye gesluit. Afsrikmiddels soos honde en alarmstelsels word aanbeveel en is amper meer noodsaaklik as goeie en sterk slotte.

 

Algemene veiligheidswenke:

Indien jy op straat beroof word, probeer oogkontak behou sodat jy later dalk die rower kan identifiseer. Moenie kosbare artikels in jou motor los wanneer jy dit parkeer nie en moenie jou handsak of selfoon op die voorste sitplek hou nie. Bêre jou vuurwapen in die kluis of dra dit op ‘n onsigbare plek aan jou lyf. Moenie jou beursie of jou bankkaart in jou broek se agterste sak dra nie en wees altyd paraat vir enige gevare wat oor jou pad kan kom.

Huis en Haard

1. Moet nooit dieselfde roetes na en van die huis volg nie.

2. Moet nie net aanneem alles is veilig wanneer die huis verlaat of ingegaan word nie.

3. Plaas huishoudelike wapentuig op strategiese plekke binne in die huis.

4. Hou `n hond binne-in die huis aan.

5. Maak seker alle deure is gesluit wanneer u gaan slaap, asook dat alle huisbewoners weet waar om die sleutels te kry in tye van nood.

Let op na die tekens by jou huis

 “Z” of “X” op stopteken of op pad geverf / gekrap - ’n paar huise in die straat wat geroof kan word / goeie straat om in te “werk”
Verfmerke / krapmerke word herhaal op mure of randsteen of in straat voor huise ■ KLIPPE EN STENE
 Klomp klein klippies opmekaar gestapel – daar is honde
 Gebruik ook deesdae plastiese koeldrank / melkbottel proppies in verskillende kleure
 Twee groot klippe langs mekaar is – gewoonlik 2 ou mense / weerloses / slegs vrouens
 Klippe langs mekaar in ’n ry - dui aan hoeveel mense in die huis bly / op plaas is
 Bakstene / "paving" - verwag 'n roof / ■ ROOI
 Dui gewoonlik op gevaarlike teiken / gaan weerstand kry / roof / kaping / plaasaanval
 Coke blikke / bottels / rooi lap / lint / KFC boks – weerstand verwag / persone met vuurwapens / mense wat paraat is / goeie hekke en diefwering / alarm??
 Weet jy het ’n wapen / is paraat - gewoonlik 2 of meer Coke blikkies / bottels / ander rooi teken + kombinasie met klippe / stene
 Coke blik / bottel oopkant na huis – gemerk – iemand tuis
 Coke blik, ander teken wat regop staan – niemand in huis?? / minder gevaarlike teiken
 Rooi lint / sak, met of sonder knope in – pasop vir honde gif!!
 Rooi tekens ook in kombinasie met klippe / “paving” / takke / proppies, ens voertuigdiefstal / kaping / geld in huis??

Hoe kinders hulself kan beskerm: 

1. Vertel altyd vir jou ouers waarheen jy gaan en waar jy gaan wees. 
2. Moet nooit iemand in die erf of huis binnelaat as jy alleen is nie. 
3. Gaan roep altyd eers jou ouer(s) as daar iemand by die deur of hek is voordat jy hulle binne laat. 
4. Moet nooit saam met iemand in ‘n kar klim, as dit nie eers met jou ouers gereël is en bevestig is deur byvoorbeeld 'n kodewoord nie. 
5. Moenie as iemand huis toe bel sê dat jou ouers nie by die huis is nie. Sê eerder 
dat hulle op die oomblik besig is en neem ‘n boodskap. 
6. Moet nooit alleen na ‘n publieke badkamer gaan of na `n afgeleë plek nie. 
7. Vermy kortpaaie en loop of ry eerder waar daar motors en mense is. 
8. Moenie alleen by `n afgeleë parkie/ speelterrein speel nie. 
9. Gaan na die naaste winkelassistent en/of betaalpunt as jy verdwaal of wegraak in 'n winkel. 
10. Geskenke en lekkergoed moenie by vreemdelinge geneem word nie. 
11. Moet nooit ryloop of `n saamrygeleentheid aanvaar nie. 
12. Indien `n kar jou volg of ongemaklik stadig langs jou ry, hardloop weg en skree. Hardloop in die naaste erf in waar jy mense sien, maar moenie wegkruip nie. 
13. As `n vreemde volwassene vir jou aanwysings vra, draai om en stap weg.Moenie met hulle praat nie. 
14. As iemand jou gryp en in ‘n kar of gebou in wil forseer – skree en krap die persoon. 
15. Vreemdelinge wat gereeld by die skool of huis gesien word en sonder `n doel daar ronddrentel, moet aangemeld word by die onderwyser of ouer. 
16. As `n volwassene vir jou sê dat hy aan jou `n geheim wil vertel, sê aan hom jy wil dit nie hoor nie. 
Indien ‘n skelm dit regkry om jou te ontvoer, moet jy die volgende doen sodat die Polisie jou kan opspoor: 
Trek van jou hare uit en druk dit tussen die sitplekke in 
Maak seker jou vingerafdrukke is sigbaar op vensters 
Skop jou toon stukkend dat daar bloed is 
Kou jou naels af en druk dit tussen die motor se sitplekke. 

Kinderveiligheid!!!!! 

Kinders is kosbaar en ons as volwassenes het almal ‘n verantwoordelikheid om kinders te versorg en te beskerm. Die realiteit is dat daar wel volwassenes is wat daarop uit is om kinders te benadeel en aan te wend in hul (volwassenes) se eie belang tot nadeel van die kinders. 
Ons as ouers, onderwysers en volwassenes moet voorbereid wees op die aanslae wat daagliks op kinders gemaak word - daarom moet ons ingelig wees. Hier volg ‘n paar basiese wenke om kinders te beskerm. 

Wat ouers kan doen om hul kinders te beveilig

1. Kinders moet gereeld ingelig en herinner word aan veiligheidsmaatreëls. Dit moet egter nie op só `n wyse hanteer word, dat vrees by die kind gekweek word nie. 
2. Kinders moet bewus gemaak word van gevaartekens, maar moet nie in vrees leef nie. 
3. Indien `n kind vir jou iets vertel, maak seker dat jy werklik luister na wat die kind vertel, aangesien die inligting van baie waarde kan wees. "Luister" ook na lyftaal van die kind. 
4. Motiveer `n kind dat indien hy/sy ongemaklik voel oor die manier waarop `n persoon na hom kyk of hom aanraak, die kind dit vir `n volwassene wat hy vertrou gaan vertel. Die volwassene moet dan luister. 
5. Kinders wat alleen by `n huis is moet NOOIT die voordeur antwoord indien daar iemand aanklop nie. 
6. Die voordeur moet nie eers beantwoord word nie, selfs al is dit ‘n bekende persoon, aangesien statistiek bewys dat dit in 75% van die gevalle bekende persone is wat kinders ontvoer en molesteer. 
7. Kinders moet geleer word om eers hul ouers te roep indien daar iemand by die huis opdaag voordat hulle die hek of deur vir die persoon oopmaak. 
8.Indien kinders alleen by die huis is en die telefoon lui, moet hulle nooit aandui dat hulle alleen by die huis is nie. Kinders moet eerder geleer word om te sê dat hul ouers nie op die oomblik beskikbaar is nie en `n boodskap neem. 
9. Kinders moet onder geen omstandighede persoonlike inligting oor die telefoon weergee nie. 
10. Noodnommers moet beskikbaar en sigbaar wees indien `n kind in nood verkeer en vir hulp moet bel. 
11. Omliggende bure se kontaknommers moet tot die kinders se beskikking wees. 
12. Ouers moet seker maak dat hul altyd gekontak kan word indien hul kinders alleen tuis is. 
13. Indien die ouers nie gekontak kan word deur die kinders in geval van nood nie, moet alternatiewe kontakpersone en nommers tot die kinders se beskikking wees. 
14. Noodreaksie moet ingeoefen word by die huis. Byvoorbeeld : 
Wat doen jy as jy ‘n vreemde persoon in die erf sien? 
Waar moet die kind wegkruip? 
Waar is die onderskeie paniekknoppies? 
Waar word die brandblussers gestoor? 
Waar is die sleutels van die deure? 
15. Kinders moet hul eie adres en ouers se kontaknommers ken. 
16. Ouers en kinders moet afspreek waar hul mekaar sal ontmoet indien een van die twee partye om onvoorsiene redes mekaar nie kan opspoor nie. Bv. Mamma sal jou altyd in die klas kom haal. As jy nie vir mamma kry nie – gaan wag altyd by die klas. 
17. Besluit saam oor `n kodewoord waarvan net jy en jou kind weet. Indien dit nodig is om alternatiewe reëlings te tref ten opsigte van byvoorbeeld vervoer, moet die kodewoord deur die persoon wat die kind gaan haal aan die kind gegee word. So sal die kind weet dat sy ouers wel die alternatiewe reëlings getref het. 
18. Kinders word verwar deur ouers wat met "vreemdelinge" praat. Kinders moet bewus gemaak word dat hul slegs met vreemdelinge mag praat indien hulle in lewensgevaar verkeer. 
19. Kinders moet daarop gewys word dat "slegte vreemdelinge” net soos goeie vreemdelinge lyk en dat dit daarom beter is om nie met vreemdelinge te praat nie. 
20. Kinders se name moet nooit sigbaar op hul klere en tasse wees nie. Die volwassene kan kinders op hul name noem en sodoende vertroue wen. 
21. Ouers moet altyd weet waar hul kinders hul bevind. 
22. Moet nooit jou kind alleen laat in ‘n kar, stootwaentjie of winkeltrollie nie. 
23. Gaan altyd saam met jou kinders na `n publieke badkamer. 
24. Kinders moet geleer word om nie saamrygeleenthede en geskenke van vreemdeling te aanvaar nie. 
25. Kinders moet geleer word om altyd in ‘n groep te beweeg of saam met hul ouers of hul vriende te bly, veral op skooluitstappies en in winkelsentrums 
26. Kinders moet ingelig wees oor kinderontvoerings en die gevaar waarin hulle moontlik kan verkeer. 
27. Verseker jou kind dat indien hy/ sy jou kontak as hulle in `n ongemaklike situasie verkeer, jy hulle altyd sal gaan haal en beskerm. 
28. Leer jou kind om moontlike gevaarsituasies te kan identifiseer en om na fynere besonderhede op te let om dit later deur te gee indien nodig. 
29. Lei jou kind om in “survival mode” te dink indien hul in ‘n gevaarsituasie verkeer.

 

BELANGRIK!!!!!!!! 

 Ouers, het u al gehoor van MYMOBILEWATCH? Dit is selfoon-sagteware wat ouers in staat stel om beheer uit te oefen oor inligting wat op hulle kinders se selfone verskyn. U kind kan dus beskerm word teen selfoon-gevare soos kuber-afknouery, “sexting” en seksuele aanvoring. Sodra u kind onbehoorlike SMS’e, MMS’e of oproepe ontvang, word u as ouer onmiddellik daarvan verwittig via ‘n SMS of e-pos. Vir verdere inligting, besoek die webtuiste: www.mymobilewatchdog.co.za

 

 

RADIO SPRINGBOK GERMANY

is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en ‘n impak te maak met “vermaak wat ‘n verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Skakel vandag nog in op Radio Springbok en beleef die LEKKERTE van Afrikaans op sy beste! radio stasie

   

RADIO SPRINGBOK GERMANY


is jou nommer een radiostasie in Germany en omliggende gebiede, maar ook wêreldwyd vir die duisende Suid-Afrikaners wat uit ons pragtige land geëmigreer het en steeds alles wat LEKKER Afrikaans en LEKKER bekend is wil ervaar. radio stasie
Radio Springbok Germany is ‘n opwindende tendens-stellende, opvoedkundige en insiggewende radiostasie, gebore op 1 Januar 2020, toe dit vir die eerste keer begin uitsaai het via internet .
Radio Springbok Germany spog met ‘n dinamiese, kreatiewe en passievolle span aan die stuur, agter die skerms en ook op die lug met ‘n permanente FM uitsaailisensie geldig vanaf 1 Januar 2020.
Radio Springbok Germany het begin uitsaai op Zeno FM, 1 Januar 2020..
Radio Springbok Germany
fokus op topgehalte vermaak, spesifiek vir Afrikaans-sprekende luisteraars in die groter Germany omgewing. By LEKKER FM word elke luisteraar gemotiveer om ‘n positiewe uitkyk en houding te ervaar teenoor ons pragtige land, sy mense, sy diversiteit en sy lewe.

Radio Springbok Germany - Dit kan net LEKKER raak!!! programme wissel van suiwer vermaak tot interessante en tot-die-punt aktualiteits-programme wat die luisteraar ingelig hou oor wat plaaslik en wêreldwyd gebeur. Gereelde nuus-, verkeer- en weerberigte is baie gewild en die musiek is topgehalte LEKKER kontemporêre Afrikaans en Engelse treffers, met ‘n spesifieke fokus op Suid-Afrikaanse talent.
Radio Springbok Germany bied nie-politiese programme en inhoud gemik daarop om die lewenstyl, aktiwiteite en belange van ons teikengehoor en die plaaslike gemeenskap van groter Pretoria te weerspieël. Ons speel LEKKER-luister Afrikaanse musiek en streef na die opheffing van ons direkte gemeenskap deur die skep van werksgeleenthede, en bevordering van Suid-Afrikaanse musiek en kunstenaars
Skakel in op Radio Springbok in Germany en omgewing, of luister via internet of een van ons selfoon platforms.

 

 Radio Springbok Germany

Hoekom moet jy op LEKKER FM Radio Springbok Germany adverteer?

Die antwoord is baie eenvoudig! Jou besigheid is vir ons belangrik!Radio Springbok Germany  bied 'n bekostigbare advertensiemedium wat 'n massa-gehoor in beide Afrikaans en Engels kan bereik. Ons multi-media advertensiebenadering bied 'n ideale geleentheid wat individueel vir jou, die adverteerder, saamgestel word. Dit bied aan jou besigheid (klein of groot) die geleentheid om jou teikenmark oor radio, en digitale en sosiale media platforms, gelyktydig te bereik - volgens jou voorsiene begroting!

Radio Springbok Germany
 produk!
Wees die eerste nuwe of kleinsake-eienaar om jou een-jaar radio-advertensieveldtog met ons te registreer, en ons sal jou webwerf ontwerp en publiseer op 'n baie lae koste, insluitend  e-pos adresse. Om jou selfs verder te help, sal ons al jou sosiale media bladsye met jou webwerf aaneenskakel, sodat jy onmiddellike regstreekse skakels het om jou webwerf op datum te hou. Kontak ons vandag nog om seker te maak jou besigheid word raakgesien! (Kliek Hier)

Hoekom radio?Die volgende kan jou help om 'n suksesvolle radio-advertensie veldtog te hê:

Frekwensie van advertensies"Gryp jou verbruikers aan die oor, en hul harte en gedagtes sal volg! " Andreas Dezius
In kort: 'n kommersiële radio-advertensie moet verskeie keer gespeel word voordat dit insink in die gedagtes van die luisteraar. As jy van plan is om jou kommersiële handelsflits een keer per week vir 'n maand lank te skeduleer, sal dit nie voldoende wees om jou produk tot aan die toppunt van jou teikengehoor se gedagtes te bring nie.Die suksesvolle radioveldtog bestaan uit 'n kommersiële flits wat aanvanklik vir meer as een keer deur die loop van 'n dag uitgesaai word, in teenstelling met een of twee keer per week.

Ken jou teikenmark se programskedule inskakel . Dis sinvol om jou parfuumwinkel byvoorbeeld tydens 'n tipiese huisvrouprogram te adverteer. Daarom sal jy nie 'n hardeware-en gereedskapswinkel in dieselfde gleuf adverteer nie. Jou vaardigheid om die teiken te tref is noodsaaklik vir elke advertensie wat jy skep . Daarom moet jy seker maak dat jy weet waar jou teikenmark op Radio Springbok Germany

Radio Springbok Germany se ervare media-strateeg sal jou help met die keuse van die regte programme en skedules om die beste waarde uit jou produk en bemarkingsveldtog te verkry. By langer veldtogte, kan jy selfs jou radio-flitse rondskuif om te probeer verseker dat jy deur 'n wyer teikengroep gehoor word, sodat die sukses van jou belegging verhoog word.

Vervaardiging van kommersiële flitse. Vervaardiging van radio-advertensies is eenvoudig en baie koste-effektief. Jy moet twee basiese elemente hê: 'n teks en 'n talentvolle stemkunstenaar. Maar wees versigtig om nie bloot net 'n paar sinne uit te skryf en dan jou vingers te kruis met die hoop dat jou advertensie die merk sal tref nie. Onthou: radio is die teater van die gedagte. Jou flits se sukses maak staat op duidelike inligting , spraak en klank wat jou besigheid vanuit die klankrommel lig en jou naam in die geheue van die luisteraar ets. Onthou , frekwensie is die sleutel! So maak seker dat jou advertensie in die kol is en jy sal die verbruiker se aandag die eerste keer trek. Navorsing toon dat dit ‘n paar keer neem voordat die verbruiker uiteindelik verstaan wat jou maatskappy behels. Dit is daarom belangrik dat jou advertensie sal uitstaan en jou boodskap herhaaldelik sal dra.

My Movie radio springbok