Die Masurka
Grove beskryf die mazurka
as 'n Poolse volksdans wat op die vlaktes van Mazovië
rondom Warskou ontstaan het. Die bewoners van die
gebied was bekend as Mazurs, en hulle danse wat uit die
argaïse polska
ontwikkel het, was in ander lande as mazurkas bekend. Die musiek
van die dans is in 3/4-maat, met 'n kragtige beklemtoning
van of die tweede, of die derde maatslag, wat gepaard
gaan met 'n klop van die dansers se skoen. Gewoonlik
neem die danser 'n statiger houding in as by die wals.
Die dansers improviseer hulle eie bewegings; daar
bestaan geen gevestigde voorskrifte in verband met danspatrone
nie. Daar is gewoonlik 'n groep van 8 of 12 pare dansers, maar
soms enige onbepaalde getal danspare. Die begeleiding
van die vroegste masurkas was op 'n duda,
'n soort doedelsak, gespeel. Oorspronklik was daar
ook by die dans gesing. Die dans het reeds gedurende
die l6de eeu ontstaan en gedurende die 17de eeu deur
die hele Pole en omliggende lande versprei. Nadat die
dans deur die hoër klasse van Parys aanvaar is, het
die dans Engeland vroeg in die 19de eeu bereik. The Observer
van 25 April 1830 skryf asof die dans onlangs
ingestel was, of binekort bekend gestel sou word. Rust beweer
egter dat die dans eers in 1845 in Engeland bekend geraak het.
Miskien is dit waar dat die dans reeds in 1830 in
Engeland bekend gestel is en dat dit eers teen 1845
algemeen bekend en gewild geraak het. Vanaf Londen het
die dans ook na die VSA versprei. Na die verdeling
van Pole het die dans ook in Rusland bekend geraak.
Die groot aantal masurkas wat Chopin gekomponeer het gee 'n aanduiding van hoe gewild die musiekstyl van die masurka was. Ander Poolse en Russiese komponiste het ook klassieke musiek in die masurkastyl gekomponeer.
Engelse Konsertina
Die klassifisering slegs op grond van voorkoms veroorsaak verwarring omdat die internasionale benaming van konsertinas die klassifisering op grond van die knoppie uitleg doen. Instrumente wat op die oog af dieselfde fisiese voorkoms het kan radikaal van mekaar verkil.
Die konstruksie tegniek van Engelse konsertinas gebruik 'n radiale toonkamer uitleg om die fluitjies te huisves.
Die ritme kitaar vorm die grondslag van begeleiding en 'n boereorkes sonder ten minste een kitaar is ondenkbaar. Die aanslag is sterk ritmies en kan soms die melodie aanvul. Wanneer die kitaar as hoof instrument aangewend word is die karakter steeds onmiskenbaar as Boeremusiek met ritme begeleiding.
BanjoNet soos met die kitaar word die banjo as ritme instrument sowel as hoof instrument aangewend. Die Ukulele het die voorkoms van 'n banjo en is heelwat kleiner.
Trekklavier
Die trekklavier sowel as die knoppies akkordeon was vir 'n lang tyd in 'n mindere mate in boeremusiek aangewend. Daar is deesdae 'n herlewing onder musikante met hierdie instrument.
Piano Accordions as well as Button Accordions and Button Harmonicas are mostly used for accompaniment. There are also bands that feature them as the lead instrument.
Traporrel en klavier
Die traporrel en klavier word deesdae meestal vir begeleiding aangewend. Tant Bettie Ferns en Chris Buys en Ben Bester het bekendheid verwerf met die traporrel. Tant Carolina Leeson het traporrel sowel as klavier bespeel. Jim Muller was 'n leidende eksponent van die klavier.
Die Polka
Die polka is 'n lewendige dans vir pare op 2/4
tydmaat. Die dans word gekenmerk deur drie vinnige
passe en 'n huppelpas. Die danspare beweeg teen 'n
vinnige tempo terwyl hulle rondom die dansvloer dans.
Die dans het in Bohemië ontstaan as 'n groepdans, en
het een van die gewildste balsaaldanse geword gedurende die 19de
eeu. Musiek met die polka-eienskappe was reeds aan die begin
van die eeu deur verskeie dorpsmusikante geskryf vir
praktiese gebruik.
Die dans is in 1837 in Praag bekend gestel en het dieselfde jaar in druk verskyn in 'n bundel met die titel "Prager Lieblings-Galoppen für Pianoforte". Gedurende die daaropvolgende jare is talle polkas geskryf deur verskillende komponiste en gepubliseer in bundels van dansmusiek. In 1839 het 'n Boheemse regimentsorkes die polka na Weenen geneem en daardie selfde jaar het dit St Petersburg in Rusland bereik. Die Praagse dansmeester Johann Raab het dit in 1840 in Parys ingevoer, maar dit het eers gedurende 1843-44 'n gunstelingdans onder die Paryse gemeenskap geword.
Die dans is op 11 April 1844 die eerste keer in Londen as 'n verhoogdans in Her Majesty's Theatre aangebied. Die volgende jaar verskyn dit in die V.S.A., waar dit baie grappies om die persoon van die Presidensiële kandidaat, J.K.Polk, uitgelok het. In 1845 is die polka gedans op 'n bal wat die Goewerneur-Generaal ter ere van Koningin Elizabeth aangebied het. Die polka het soveel aandag getrek dat tydskrifte en nuusblaaie vol berigte, beskrywings, illustrasies en advertensies daaroor was. Die dans se triomfantlike reis om die wêreld het gepaard gegaan met verwante Boheemse danse onder verskillende name. Daar het ook baie variasies ontstaan; gedurende die veertigerjare was 'n polka-mazurka, wat die polkapassies met die musiekmaat van die masurka verbind, baie gewild.
In Parys, Frankryk, is die dansmeesters oorval deur die dansende publiek wat die nuwe dans wou aanleer. Cellarius, 'n vooraanstaande dansmeester (na wie die stadige Cellarius-wals vernoem is) het selfs lede van 'n balletgeselskap aangestel as dansmaats vir sy leerlinge, om aan hulle die regte passies te leer.
The Illustrated London News het in April I844 baie krities geskryf oor die polka: "The Parisians had never imported anything more ridiculous or ungraceful than this polka". Binne 'n maand het hulle egter hulle wysie verander nadat die dans in Engeland bekend geraak het. Toe skryf die koerant van die "veritable, or Drawing Room Polka, as danced at Almack's and at balls of the nobility of this country".
Gedurende die laaste helfte van die eeu het bekende komponiste van klassieke musiek, soos Chopin en Waldteufel die polka in hulle komposisies opgeneem. Die Strauss-walskonings het self ook verskeie polkas gekomponeer. 'n Ligte liedjie soos "See me dance the polka" (1886) van George Grossmith was maar een van vele wat op die polka gebaseer is. Die Tjeggiese liedjie "Skoda Lasky" van Jaromir Vejvoda (geb. 1902), wat ook bekend is as "Rosamunde Polka" of, soos ons dit geleer ken het, "Beer Barrel Polka, was oor baie jare 'n gewilde danswysie in Suid-Afrika. Die sanger Dawid de Lange het 'n plaatopname met die titel "Biervat-polka" gemaak (Singer GE334).
Volgens Sam Sly was die polka die oorheersende dans op 'n "Bachelors' Ball" wat in Augustus 1845 in Kaapstad gehou was. Die dans het dus in minder as anderhalfjaar nadat dit in Engeland bekend gestel is in Kaapstad gewild geraak.
Een
van die vroegste Suid-Afrikaanse komposisies in die polkamusiekmaat
is Charles Holt se "The Cape Colony's Constitution
Polka", wat in 1854 deur Saul Solomon en Kie in
Kaapstad gedruk is. In laterjare het daar nog verskeie
Suid-Afrikaanse komposisies wat as polkas aangedui is
verskyn. Die volgende is enkeles daarvan:
Besonderhede van die bladmusiek is gelys in alfabetiese volgorde van die komponiste in die Suid-Afrikaanse Musiekbibliografie. In hierdie naslaanwerk verskyn 'n inskrywing onder die naam Meryl T. Meryl. Dit is die skuilnaam van James Hyde, wat 'n belangrike rol in Suid-Afrika se musieklewe gespeel het vanaf 1875 tot 1908. Besonderhede van die komposisie waarna verwys word is soos volg:
Die werk bestaan uit twee dele: 1. Polka (Vaalhaar), 2. Vat jou goed en trek Ferreira.
Die volgende voetnoot verskyn op p.1 van Vaalhaar: "To fully appreciate this exhilarating melody one must hear it played by a Transvaal Boer upon a German Concertina!!" Dit is dus een van die oudste boeremusiek-wysies wat deur die komponis getoonset is!
Volgens Jan Bouws is die betrokke musiekstuk in 1891 gekomponeer. In Hoofstuk 8 word verder ingegaan op die tweede gedeelte van die komposisie.
Die Wals
Die wals
is 'n dansvorm in drieslagmaat, wat die gewildste
balsaaldans in Europa geword het gedurende die 19de
eeu. Die dans het vir langer as 'n eeu gewild gebly en
het ook die belangstelling gewek van die komponiste
van klassieke musiek gedurende die 19de en die begin van die 20ste
eeu, wat die opgewekte walsmusiek in baie van hulle
komposisies ingeweef het. As 'n dansvorm is die musiek
tot 'n buitengewone hoë peil verhef.
Alhoewel daar 'n vroeë musiekstuk van 1754 in die walsvorm bestaan, het die dans op walsmaat eers teen die einde van die 18de eeu ontwikkel. In die suide van Duitsland, in Beiere, Oostenryk en Bohemië was danse in drieslagmaat wat bekend was onder name soos Deutscher, Dreher, Weller, en Ländler, gedans. Die eenvoudige, ongesofistikeerde Duitse danse, in teenstelling met die statige minuet, het toegeneem in gewildheid. Die gly- en draaibewegings van die dansvorm het mettertyd gelei tot die naam waltz vir die besondere dansvorm.
In die balsale was 'n onderskeid gemaak tussen die wals en die versamelnaam deutscher vir verskillende danse in drieslagmaat. Amadeus Mozart, wat baie deutscher-en Ländlerwerke gekomponeer het, het nie na een daarvan as waltz verwys nie. In 1786 het egter 'n publikasie met 'n versameling danse, wat ook walse insluit, verskyn.
Gedurende die laaste dekade van die 18de eeu het baie verslae in nuusblaaie verskyn oor die gewildheid van die wals. Daar word op gewys dat die wals die kontradans vervang het. Die gewildheid van die wals het, soos verwag kan word, ook besware van sekere kringe uitgelok.
Weenen, die hoofstad van Oostenryk, het die stad van die wals geword, want daar het die dans alle ander danse in gewildheid oortref. Die wals het alle nasionale grense oorgesteek, en in 1804 is berig dat die Franse dolverlief is op hierdie ligtende, swewende dans. " 'n Wals, 'n wals!" was telkens die uitroep vanaf die dansvloer, want die Franse kon net nie genoeg van hierdie dans kry nie.
Sommige sedewagters oor die openbare moraliteit het natuurlik hulle afkeur oor hierdie "malle gedraaiery" van die wals uitgespreek en dit het eers in 1812 in Engeland posgevat. In die Pruisiese Hof in Berlyn was dit verbied en is eers in 1818 toegelaat, alhoewel Koningin Luis dit reeds in 1794 gedans het terwyl sy nog 'n prinses was.
Toestande in Europa gedurende die laaste kwart van die 18de eeu was maar bra onstabiel en dit is onwaarskynlik dat die dans voor die einde van die eeu na die Kaap sou gekom het. Daar word nie in enige literatuur van die vroee 19de eeu wat oor die Kaap handel na die wals verwys nie. Soos hierbo aangedui, is die wals eers in 1812 in Engeland bekend gestel en dit is hoogs waarskynlik dat die Britse militêre orkeste dit kort na die datum in die Kaapkolonie bekend sou gestel het. Die eerste skrywer wat na die wals verwys is Bird. Hy skryf dat die wals daardie tyd (1822) baie gewild was.
Van die beroemdste komponiste van die 19de eeu, onder andere Beethoven, Schubert, List, en Von Weber, het walse in hulle komposisies ingesluit. Von Weber se meevoerende "Uitnodiging tot die dans" (1819) is welbekend. Hulle komposisies is egter verhoogwerke en nie vir die dansvloer bedoel nie.
Joseph Lanner (1801 - 1843) en Johann Strauss sr. (1804 - 1840) was twee komponiste van die nuwe orde wat werke gekomponeer het wat die wals op 'n hoë vlak geplaas het, wat musikale komposisie sowel as dansvorm betref. Hulle het 'n aantal jare saamgewerk maar die venootskap is in 1825 beëindig. Voordat hulle paaie geskei het, was Lanner se komposisies hoofsaaklik in die Ländlerstyl. Nadat hulle geskei het, het albei hulle op die wals toegelê.
In
Weenen het die gewildheid van dans so toegeneem dat groot
danssale soos die Sperl in 1807 en die Apollo in 1808 geopen is,
laasgenoemde met dansruimte vir 6000 dansers.
Gedurende
die dertigerjare het Johann Strauss sr. toere onderneem,
na ander Europese lande en sodoende is die wals in al die lande
wat hy besoek het goed gevestig. Na Lanner se dood in
1843 is sy mededinger, J. Strauss sr., se plek geneem
deur laasgenoemde se seun Johann jr., wat spoedig die
bekendste komponis en aanbieder van ligte musiek
geword het, wat daar ooit geleef het. Sy musiekstyl
het moontlik meer ooreengestem met die van Lanner as die van sy
Vader, met die klem oorwegend op melodie instede van op
ritme. Na die dood van J. Strauss sr. is die
Strauss-familie tot nog 'n groter mate met die wals
verbind met die toetrede van die ander twee seuns,
Joseph in 1853 en Eduard in 1859. 'n Menigte komposisies
is deur die broers geskep maar dit was onder Johann en Joseph
dat die wals gedurende die sestigerjare 'n hoogtepunt bereik
het, beide wat die dansvorm en musikale komposisie
betref het, en ook as simbool van 'n vrolike en
elegante eeu.
Johann Strauss jr. se "Blou Donou" en "Verhale van die Weense Woude" is twee musiekwerke wat waarskynlik meer as enige ander klassieke komposisie oor die hele wêreld opgevoer word.
Richard Strauss (11 Junie 1864 - 8 September 1949) het tot gedurende die eerste kwart van die 20ste eeu meesterlike werke wat op die walsvorm gebaseer is gekomponeer, en wat hoë lof verdien as verhoogwerke. Hierdie komponis was nie verwant aan bogemelde "walskonings" nie. Die goue tydperk van die wals as 'n dansvorm het ten einde geloop toe die Oostenryk-Hongaarse monargie gedurende die eerste wêreldoorlog vernietig is.
Die historiese agtergrond van die wals, met beklemtoning van die bydrae van die Strauss-walskonings, word enigsins volledig geskets, aangesien daar waarskynlik 'n spesiale betekenis geheg kan word aan die feit dat geeneen van hulle mooi walse en ander musiekstukke in die boere-musiekrepertorium opgeneem is nie.
Die wals het 'n groot verskeidenheid afstammelinge deur die hele Europa gehad. In Duitsland is sulke variante as die schottische ontwikkel, met draaibewegings soos die van die wals. Frankryk het sy eie balance valse gehad. In Amerika het later hulle eie Boston-waltz ontwikkel- 'n stadiger, swewende variasie. Ongeveer 1840 het die wals 'n sterk mededinger gekry in die polka; die naam is afgelei van die woord polka, 'n "halwe pas". Dit was 'n vurige dans.
NUWE, JONG EN OPKOMENDE SANGERS
NUWE, JONG EN OPKOMENDE SANGERS
Nuwe, jong en opkomende sangers - Neem kennis: Ons het die afgelope tyd geweldig baie navrae gekry van nuwe, jong en opkomende sangers om hulle te bemark. Daarom het ons besluit om soos volg te werk te gaan: Stuur vir ons 'n e-pos na: AndreC27.demo@gmail.com en heg asseblief nie meer as 2 demo snitte daarby aan nie. Die e-pos moet asseblief die volgende bevat: Naam en kontaknommer; e-pos adres; Stad en Provinsie woonagtig; Repertoire. OF Pos 'n demo CD met nie meer as 8 snitte daarop nie, aan ons met al die bogenoemde kontakbesonderhede, ens daarby ingesluit, na: AndreC27 Promotions Posbus 50286 Hercules Pretoria 0030 Van ons kant, sal ons dan na julle demo snitte luister. 'n Afspraak sal met julle gereel word om bemarkingsopsies en terme met julle te bespreek en ooreenkom. Ons hoop om gou van julle te hoor. Groete Andre & AndreSee more
by: André Craucamp